Die Brandstigerslede

Daar’s min dinge wat ‘n man so se hart in 5de rat kan sit soos die kleur rooi. Veral as dit in die vorm van Catherine Zeta-Jones se rokkie, Michael Schumacher se Ferrari of 1995 Goue Leeus rugby kom. Hier in die reënboognasie vier ons die gelykheid van alle kleure, maar tog is sommige frekwensies in die spektrum meer gelyk as ander. Daar is dalk stywe kompetisie, maar min kleure kan hulself aan die siel van Suid-Afrika bind soos die laatmiddag rooi van ‘n veldbrand, die bloedrooi van ons nasionale blom en die aanplaksel op jou tande na ‘n bottel Pinotage.

Ontmoet die manne wat die vuur lewendig hou. Die Barrel Boys, in geen spesifieke volgorde…

Henlo Riekert

Een van die Barrel Boys se hoofseuns en die digter agter die allitererende naam wat ons deel met ‘n Amerikaanse folk musiekgroep.

Abrie Swanepoel

Teen 6 voet 5, goed in Afrikaans en vlot in Frans is die res van ons bly Abrie is nie single nie.

AJ Hechter

Die Cellarmaster. Geblinddoek kan hy ten minste tussen 6 kultivars onderskei slegs op die gewig van die bottel.

Gedeon Rossouw

Met ‘n rustende hartklop van 43bpm is Giepa verseker die fiksste BB. Alhoewel daar die is wat dink al daai tyd op die fiets is net voorbereiding vir sy eerste pars.

Corné Koller

As die oudste BB met ten minste ‘n paar maande, bring Corné ‘n wysheid wat net die 80’s vir jou kon gee.

Francois Muller

As die jongste BB kan Frans se straal dit nog gemaklik oor ‘n pre-fab muur maak, alhoewel ‘n wyn nie vir sulke hoë punte moet mik in sy kritiese waardering nie.

CJ Roets

‘n Man wat die padkaart van Afrika amper so goed soos die pad na ‘n BB podium toe ken.

Marius Bergh

Ons betaal Borrie nogsteeds in paaiemente af vir die keer toe hy vir ons ‘n bottel Meerlust gebring het.

Piet Joubert

As die BBWK een persoon was, was Piet verseker die stembande. Hulle sê dit vat ‘n regte connoisseur om ‘n wyn warm ook te geniet.

Rikus Blomerus

Van geboorte af op droë rooi gespeen, bring Ricky selde ‘n bottel wyn wat nie reeds mondig is nie.

Steph Barac

Tydens Steph se tyd as ‘n rekenmeester in Bermuda het ‘n aansienlike hoeveelheid wyn klaarblyklik in die niet in verdwyn.

Ruan Fourie

Ten spyte van wat mense sê glo Ruan steeds die enigste driehoek is die Vaaldriehoek. Ook die Vereeniging Wynroete se grootste ambassadeur.

Michal Muller

Die ou met te veel spaar tyd en ‘n geneigtyd om oor homself in die derde persoon te praat.

Advertisements