Wynologie

Okay ja, die regte woord is ‘oënologie’, maar min mense anders as ’n oënoloog weet wat dit is en net ’n ornitoloog weet dat dit níe die studie van voëls is nie. En ons wil die aandag hou op wat belangrik is, want alhoewel meeste ouens weet hoe om ’n vuur aan die gang te kry gaan hy jou snaaks uitkyk as jy hom vra om ’n pakkie charcoal te oksideer. So kom ons gesels oor wyn en die studie daarvan. Alhoewel mens moet onthou, soos enige kollega wat onlangs by ’n musiek/yoga-fees was ook vir jou sal sê, dat jy nie die musiek kan geniet as jy te veel op die proses konsentreer nie. So met baie dinge in die lewe en so ook met wyn.

Continue reading

Advertisements

‘n Tydlose Tydskrif

Hou jy van wyn maar verkies die betroubaarheid van ink en papier? Dan het ons net die ding vir jou. Die Maart uitgawe van Fair Lady is nou op die rakke en sal albei jou behoeftes kan bevredig. Sit hom saam met ‘n goeie vintage op die teller en kyk hoe skitter jou beter helfte se oë wanneer jy by die huis opdaag.

Die Boys

Die Barrel Boys was nie altyd wat dit nou is nie. Daar was ‘n tyd wat dit net ‘n droom was, entoesiastiese praatjies na die 3de bier en, glo dit of nie, daar was ‘n tyd wat die boys nie die fynproewers was wie hulle vandag is nie. Daardie tyd is nie so lank, lank gelede nie. Dit was ‘n matige somersnag toe die Barrel Boys WK die eerste keer vergader het om die pallette van Suid-Afrika se beste en slegste Bordeaux blends met chirurgiese akkuraatheid te dissekteer. Daar was baie gesê, maar soos Naas Botha se analise van ‘n binne-senter se tackle tegniek moet dit eerder nie herhaal word nie. Dertien bottels later het elkeen na sy bed toe gestruikel met al die moed en motorvaardigheid van jou buurman wat net voor die 12-uur afsnytyd oor die Comrades marathon se wenstreep val. Tog was niks so welkom soos die volgende oggend se hoofpyn om jou te herinner dat dit nie net ‘n droom was nie.

Continue reading