Rosé: ‘n Verlore Liefde

Die lente maak almal bietjie simpel. Wetenskaplikes reken dat die seisoenale toename in temperatuur ’n perifere vasodilatasie veroorsaak wat net genoeg bloed van jou brein af steel om jou effens hipoksies te laat. Dis hierdie suurstofnood wat volwasse mans sonder kouse laat werk toe gaan. Die ischemie wat volg het baie dieselfde effek as twee tot drie light biere en laat jou motorfunksie grootliks intak, maar los jou net-net kwesbaar genoeg om na jou ex te begin verlang of dalk selfs ’n vierde bier te drink. Vir die Barrel Boys was dit egter die eersgenoemde. Continue reading

Advertisements

Die Bordeaux Bende

Bordeaux blends is die Beatles van wyne: populêr, invloedryk en meeste mense ken net die twee hooflede. ’n Klein persentasie kan drie lede, John, Paul en Ringo opnoem, maar net mense wat te veel tyd by O’Hagans se quiz night spandeer kan die vierde lid noem, en nie eers hulle sal hom in ’n line-up kan identifiseer nie – tensy die line-up uit John, Paul en Ringo bestaan.

Dit kan wees omdat sy naam eenvoudig net te generies was om ’n blywende indruk op jou grysstof te laat tydens sy transito van een oor na die ander. Mens kan ook sê dat ’n hele generasie kunstenaars insluitend Snoop Dogg, Ke$ha en Kurt Darren hom kan bedank vir hulle faam en die les wat hy namens hulle – die harde manier – geleer het. Ons kan spekuleer oor die oorsaak, maar geskiedenis is geskryf en die boek is daar om te lees en uit te leer, want andersins gedra geskiedenis homself baie soos eerste jaar chemie: as jy dit ignoreer gaan jy dit herhaal.

Continue reading

Pino ‘t ge-age

Pinotage was nie altyd só gewild nie, veral nie buite ons land se grense nie. ’n Groep Britse Wynmeesters op besoek in die 70’s het die wyn as “walglik” beskryf, en vergelyk met die reuk van geroeste staal en industriële verf-verwyderaar. Dis veertig jaar later en daar is ’n nuwe generasie Pino’s wat iets te sê het daaroor, ’n boodskap wat Kagiso Rabada sommer persoonlik gaan aflewer het.

Continue reading

Once Upon a Time in Rhône

As jy hierdie winter ’n wyn wil koop om iemand te beïndruk kan jy vir hulle ’n Rhône blend oopmaak en hulle vertel van die klassieke, dog konserwatiewe, Noordelike streek van Rhône en die relatief revolutionêre Suidelike streek. Jy kan hulle vertel van die wyn se geskiedenis met die Pous en van al die Franse appellations totdat hulle begin verlang na mense wat hulle nooit geken het nie en lande wat hulle nog nooit gesien het nie. Jy kan dit alles doen want jy weet om Rhône uit te spreek sodat dit rym met die ‘Stone’ van Stone Cold Steve Austin.

Continue reading

Die Chardonnay Verslag

Soos ‘n vrou wat ‘n bakkie bestuur, is dit nie moeilik om van ‘n Chardonnay te hou nie. Wanneer hy reg gedoen word, is die wyn dapper, self-versekerd en spontaan soos ‘n “follow-me” meisie op Instagram. Ongelukkig word hierdie eienskappe deur sommige goedkoper variteite uitgebuit en vermenigvuldig om op te maak vir ‘n gebrek aan fyner kultivering wat ‘n beter Chardonnay onderskei. Die eindresultaat is ‘n wyn wat dalk meer blatant as self-versekerd is, meer hardkoppig as dapper, en dit is hierdie wyne wat ‘n groot deel van die algemene wyndrinkers van Chardonnay afsit.

Continue reading

Wit Kultivars

As jy nou ‘n wyn móét drink (dis darem ‘n moeilike lewe) in die middel van die Suid-Afrikaanse somer sal meeste mense ‘n wit een uit die yskas haal, en wie is ons om met die meerderheid te stry. As trotse Suid-Afrikaners is daar min dinge beter as die goud van ‘n gehoute chenin, ‘n 500ml Castle en die Witwatersrand, maar hier is ‘n paar kultivars wat naby gekom het.

Continue reading