Die Bordeaux Bende

Bordeaux blends is die Beatles van wyne: populêr, invloedryk en meeste mense ken net die twee hooflede. ’n Klein persentasie kan drie lede, John, Paul en Ringo opnoem, maar net mense wat te veel tyd by O’Hagans se quiz night spandeer kan die vierde lid noem, en nie eers hulle sal hom in ’n line-up kan identifiseer nie – tensy die line-up uit John, Paul en Ringo bestaan.

Dit kan wees omdat sy naam eenvoudig net te generies was om ’n blywende indruk op jou grysstof te laat tydens sy transito van een oor na die ander. Mens kan ook sê dat ’n hele generasie kunstenaars insluitend Snoop Dogg, Ke$ha en Kurt Darren hom kan bedank vir hulle faam en die les wat hy namens hulle – die harde manier – geleer het. Ons kan spekuleer oor die oorsaak, maar geskiedenis is geskryf en die boek is daar om te lees en uit te leer, want andersins gedra geskiedenis homself baie soos eerste jaar chemie: as jy dit ignoreer gaan jy dit herhaal.

Ons beskou dit ons plig om te sien dat die ander lede van die Bordeaux Bende nie dieselfde lot as ons bemoeide Beatle ly nie. Almal ken die twee groot Bordeaux name van Cab Sav en Merlot, maar wat van Cabernet Franc? Die oëntologiese vader van albei die eersgenoemde wyne en die spirituele vader van die hele Bordeaux bouquet, ’n wyn met sterk geure van rooi vrugte gerooster oor ’n braaivleisvuur. Of wat van Petit Verdot? ’n Wyn met ’n naam wat net sowel ’n blom kan wees en ’n palet wat die vermoede bevestig. Of wat van Malbec? Die Franse expat nou so gewild in Argentinië dat hy amper laasjaar se algemene verkiesing gewen het. Daarom, volgende keer as jy ’n draai maak by jou plaaslike wynhandelaar, dink aan die vergete name van geskiedenis. Dink aan Eric Favre, die man wie se idee vir ’n koffie kapsule in 1970 afgeskiet is deur Nestle ten gunste van kitskoffie. Dink aan Carolyn Davidson, wie Nike se ‘Swoosh’ logo ontwerp het en die maatskappy ’n faktuur vir $35 gestuur het. Dink aan George Harrison, die vierde Beatle; en dink aan Cab Franc, Petit Verdot en Malbec.

Ons gunsteling lede van die Bordeaux Bende, in volgorde:

11. Simonsig Cabernet Sauvignon

‘n Jong Cab Sav, wie se hormone hom sterk en entoesiasties maak met sy toedeling van vrugte en tanniene, nie sleg nie, maar sal nog beter word.

10. The Hutton Single Vineyard Cabernet Sauvignon (Woolworths)

Maklik drinkbaar en ligter as wat jy ‘n Cab Sav sal verwag. Buite die bottel is hy helder rooi en die vrugtesap voorkoms word ondersteun deur soet bessies en aarbeie op die palet. 

9. Le Riche Cabernet Sauvignon

Hierdie bottel tick all die boksies vir wat ‘n wyn van sy kultivar behoort te wees, maar doen min buite die gewone. Jy sal met hom kan settle eendag as jy veertig is en niks beter verby gekom het nie. 

8. Raats Dolomite Cabernet Franc

Ons eerste Franc maak sy verskyning op die lys met ‘n baie droë weergawe, dalk te danke aan die dolomiet, maar tog met al vars vrugtelikheid wat jy in ‘n Franc wil hê. 

7. Fleur du Cap Cabernet Sauvignon

‘n Cab Sav waarvan jy ‘n paar bottels kan koop en waarvan daar min sal oorbly die volgende oggend. Hy beloon jou vir jou keuse met ‘n sagte palet en die hoop van ‘n selfs sagter hoofpyn die volgende oggend. 

6. De Grendel Merlot

‘n Merlot met rugraat en muscle, maar met genoeg grasie om jou te oordonder nie. ‘n Goeie koop en sal ‘n aand mooi afrond nadat die plaas se Sauvignon Blanc hom begin het.

5. Yonder Hill Merlot

As jy opsoek is na ‘n Merlot met selfbeeld probleme, bly weg. Hierdie wyn is goed, en is nie bang om breë skouers tussen die swaarder wyne te staan nie. 

4. Raka Cabernet Franc

‘n Betaamde wyn wat stadig maar seker sy bouquet ontbloot, maar na ‘n bietjie aanmoediging stel hy nie teleur nie. 

3. Neethlingshof Cabernet Sauvignon

Hierdie wyn se struktuur gee jou die indruk dat hy stadig en doelbewus, stuk vir stuk opgebou is soos ‘n Lego katedraal. Goed gebalanseer met ‘n hout voorgrond en ligter elemente wat daarna deurkruip.

2. Raka Petit Verdot

‘n Donker, formele wyn wat jou underdressed vir die geleentheid laat voel as jy in enigiets minder as black tie opdaag. ‘n Prominente blueberry ondertoon bind die wyn reg deur. 

1. Hermanuspietersfontein Swartskaap (Cabernet Franc)

Die Swartskaap wys ons waartoe Cabernet Franc is staat is. Wonderlik en kompleks, hy laat jou tong weet hoe dit voel om op die naat van jou rug te lê en na die sterre te kyk. 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s