Once Upon a Time in Rhône

As jy hierdie winter ’n wyn wil koop om iemand te beïndruk kan jy vir hulle ’n Rhône blend oopmaak en hulle vertel van die klassieke, dog konserwatiewe, Noordelike streek van Rhône en die relatief revolutionêre Suidelike streek. Jy kan hulle vertel van die wyn se geskiedenis met die Pous en van al die Franse appellations totdat hulle begin verlang na mense wat hulle nooit geken het nie en lande wat hulle nog nooit gesien het nie. Jy kan dit alles doen want jy weet om Rhône uit te spreek sodat dit rym met die ‘Stone’ van Stone Cold Steve Austin.

Alternatiewelik, as jy ’n wyn wil koop om hom te geniet kan jy vir jouself en jou geselskap ’n Rhône blend koop vir die balans tussen die poker-aand elemente (lees: sigaarboks, leerbanke en donker hout) van Syrah, die floral ondertone van Grenache en Mourvèdre en die gedagte van spice wat Viognier byvoeg*. Jy kan dit doen want eeue se harde werk van proe en probeer deur ’n Fransman in Rhône het vir jou besluit watse kombinasies werk. Jy kan dit doen terwyl jy terugsit om die mid-year toetse te kyk en besef dat terwyl daardie Franse eksentrisiteit, kreatiwiteit en flair ’n goeie wyn maak, dit dalk nie so goeie rugby referee maak nie.

*Vir meer oor die kultivars en klassifikasies van Rhône blends, besoek gerus Wikipedia vir ’n omvattende verduideliking, alhoewel nie alles daarop relevant is vir die plaaslike Suid-Afrikaanse wynkoper nie. As ’n groot veralgemening bevat meeste Suid-Afrikaanse Rhône’s ’n kombinasie van die druiwe daarbo genoem, met Syrah/Shiraz (dieselfde ding, soos tomato/tomato) as die dominante komponent. 

Hier volg die Barrel Boys se top wyne:

11. AA Badenhorst Family Red

Een van die ligter wyne van die aand, met delikate floral, fruity elemente wat op die nasmaak deurkom.

10. Saronsberg SGM

Het nie so goed gedoen by ons tasting soos hulle enkel kultivar Shiraz nie, maar ‘n goeie opsie om vroeër in die dag met ‘n hoender en cranberry slaai te geniet. 

9. Boschendal S&M

Mens kan die kenmerkende Boschendal bottel nie om die rak mis nie en hierdie een sal jou beloon met ‘n spicy weergawe van die Rhône. 

8. Wijnskool Barto Eksteen Ouskool

‘n Sagter, subtieler Suid-Afrikaanse Rhône uit die Hemel-en-Aarde vallei wat goed sal paar met ‘n Beatles playlist. 

7. The Chocolate Block

Die tydlose gunsteling is dalk tegnies nie ‘n Rhône blend nie, as gevolg van sy 8% Cab Sav, maar stel weereens nie teleur nie. Komplimenteer hom met ‘n volstruisfillet volgende Sondag. 

6. Creation Syrah/Grenache

‘n Donker, ernstige wyn wat ons nie sal verbaas as hy by Ben Affleck oorvat as die volgende Batman nie. 

5. Ken Forrester Renegade

‘n Swaar, prominente wyn op eerste indruk wat ontspan op ‘n tweede ontmoeting en ‘n mooi balans van frambose en kersies ontbloot.

4. Swartland Rouge Kloof Street

Die gold-standard van die aand. Die woordeboek definisie van wat die Rhône blend moet en kan wees. 

3. Chateauneuf du Pape – Juliette Avril

Spicy, met groen peper op die middel tot nasmaak. Amper die moeite werd om al die pad na die plaas in die Rhône vallei te gaan om ‘n tweede bottel oop te maak. 

2. Spier Creative Block 3

Die sterk selfvertroue van Shiraz kom duidelik deur in hierdie karaktervolle blend wat wonderlik saam met meeste etes van die dag sal gaan. 

1. Hermanuspietersfontein Die Martha

Dis nooit nodig om té veel oor die wenner te sê nie. Hierdie wyn doen alles en doen dit goed en sal dalk selfs ‘n skoonma beïndruk.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s