Soos ‘n vrou wat ‘n bakkie bestuur, is dit nie moeilik om van ‘n Chardonnay te hou nie. Wanneer hy reg gedoen word, is die wyn dapper, self-versekerd en spontaan soos ‘n “follow-me” meisie op Instagram. Ongelukkig word hierdie eienskappe deur sommige goedkoper variteite uitgebuit en vermenigvuldig om op te maak vir ‘n gebrek aan fyner kultivering wat ‘n beter Chardonnay onderskei. Die eindresultaat is ‘n wyn wat dalk meer blatant as self-versekerd is, meer hardkoppig as dapper, en dit is hierdie wyne wat ‘n groot deel van die algemene wyndrinkers van Chardonnay afsit.
Indien jy nog Chardonnaïve is, gee hierdie druif kans om jou hand te vat en wêrelde te wys wat jy nooit geken het nie. Hier volg die Barrel Boys se Top 11, wat nie heeltemaal anders as ‘n Victoria Secret line-up lees nie.
11. Ataraxia Chardonnay 2014
10. Bouchard Finlayson Sans Barrique 2013
9. Vriesenhof Chardonnay 2013
8. Lourensford Chardonnay 2015
7. Thelema Chardonnay 2014
6. Delair Graff Banghoek Reserve 2016
5. Jordan Chardonnay 2016
4. Rustenberg Unwooded Chardonnay 2015
3. De Wetshof Finesse 2016
2. Rupert & Rothschild Baroness Nadine 2013
1. Glen Carlou Chardonnay 2015