Swartland vs. Stellenbosch

Dis die Renaissance teen die Revolution, maar om kante te moet kies is soos om ‘n gunsteling kind te kies. Almal het dalk een maar jy weet dis nie veronderstel om ‘n kompetisie te wees nie. Elkeen het hulle sterkpunte. Stellenbosch is die hoofseun en die Swartland die hoofdirigent.

Ons het vyf (meer bekostigbare, dog kompeterende) rooiwyne van elke streek teen mekaar opgesaal. Hier is wat gebeur het.

10. Mount Abora Saffraan Syrah

Ons eerste deelnemer van die Swartland was ongelukkig bederf, heel moontlik in ‘n BB se boot. Ons sal hom verseker weer moet proe.

9. Swartland Port

Tegnies ‘n róói wyn, maar nie regtig ‘n rooiwyn nie. Hierdie veelsydige port is dalk nie wat ons op die aand verwag het nie, maar was wel waardeer. Nie minste vir die vermaak wat dit verskaf het nie.

8. AA Badenhorst Family Red Blend

‘n Kruietuin in ‘n glas, wat subtiel uit-fade op die einde soos enige goeie 80’s single. Statig en interessant, nes die bottel waarin hy kom. Sal goed werk met ‘n kudu fillet.

7. Kanonkop Kadette Cape Blend

‘n Tydlose gunsteling, en ons kon weer sien hoekom. Met só prys en só naam voorop jou etiket kan jy nie verkeerd gaan nie.

T5. Allesverloren Tres Vermilos

Op die neus soos ‘n ligte Mike Tyson uppercut, met ryk geure wat jou aan Sondagmiddagete laat dink. ‘n Unieke Portugese blend wat ‘n besprekingspunt op enige tafel sal wees.

T5. Black

‘n Versnit van verskillende kultivars van verskillende plase reg oor die Swartland. Hierdie wyn verkoop homself nie kort nie en sal ‘n indrukwekkende geskenkwyn maak. 

4. Boschkloof Syrah

Een van die sterre van die aand. As jy van ‘n medium steak, ‘n swart troupak en vrouens met donker hare hou, sal jy van hierdie klassieke rooiwyn hou.

3. Villeria Merlot

‘n Baie bekostigbare bottel wyn wat mens herinner hoekom soveel mense van ‘n merlot hou. Hy het breë skouers en staan sy man waar baie ander merlots nie sal kan nie.

2. Muratie Ronnie Melck

As jy mooi konsentreer kan jy amper elkeen van die 300 jare wat hulle al wyn maak in Stellenbosch in jou glas proe. Hierdie wyn sal Graeme Smith laat dink hy moet bietjie lyf kry, maar is fyn gebalanseer en net fantasties.

1. Rustenberg John X Merriman

‘n Poker-aand in jou glas, maar sonder wit tuinstoele en menthol sigarette, en meer leerbanke en 64-ring sigare. Hierdie wyn kort niks behalwe ‘n rede om hom oop te maak nie. 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s