Wit Kultivars

As jy nou ‘n wyn móét drink (dis darem ‘n moeilike lewe) in die middel van die Suid-Afrikaanse somer sal meeste mense ‘n wit een uit die yskas haal, en wie is ons om met die meerderheid te stry. As trotse Suid-Afrikaners is daar min dinge beter as die goud van ‘n gehoute chenin, ‘n 500ml Castle en die Witwatersrand, maar hier is ‘n paar kultivars wat naby gekom het.

10. Ghost Corner Sauvignon Blanc

‘n Interessante sauvignon, met meer vrugte op die pallet wat hom amper na ‘n chenin laat neig. Het ongelukkig nie te goed gedoen hierdie aand nie. 

9. De Wetshoff Limestone Hill Chardonnay 2016

‘n Ongehoute chardonnay wat tweede gekom het in die lig van stywe kompetisie van ander uitstekende chardonnays. 

8. Tamboerskloof Viognier 2014 Kleinood

Viognier, vir die wat die weet nie, val naby maar aan die ligter kant van chardonnay. Hierdie is ‘n mooi bottel wyn. Jy sal dalk nie die batting met hom oop maak nie, maar ‘n goeie allrounder om in die span te hê. 

7. De Wetshoff Bon Vallon Chardonnay 2016

Die kompetisie het hier reeds moeilik geraak. ‘n Ongehoute chardonnay wat meer na die sitrusse neig. Verseker noemenswaardig.

6. Hartenberg Chardonnay 2013

‘n Big gun. Die klassieke gehoute chardonnay wat op jou tong gaan smelt. Hierdie is ‘n ernstige chardonnay wat self jou skoonpa se wenkbroue sal laat lig. 

5. Oak Valley Fountain of Youth Sauvignon Blanc 2016

‘n Balans so suiwer en vars dit laat jou verlang na vroeë oggende se dou op die krieketveld.

4. Simonsig Gewurztraminer

Die Gewurztraminer, soos die Viognier, is nog ‘n kultivar wat deur onkunde verlep word (deur die verbruikers). Dit is ‘n soet wyn, maar as jy sensitiewe tande het, dalk meer verdraagbaar as ‘n regte dessert wyn. Hierdie een het prominente litchi op die neus en sal goed gaan saam met ‘n roomys.

3. Babylonstoren Viognier

‘n Mooi wyn van ‘n baie mooi wynplaas. Hierdie viognier is ongehout, so sy pallet is meer die van ‘n ligte vrugteslaai met ‘n ondertoon van aarbei. Sal ‘n uitstekende derde wiel op ‘n piekniek maak. 

2. Vergelegen Reserve Chardonnay

Die Scarlett Johansson van wyne. Weet nie of ons meer hoef te sê nie, maar hierdie wyn het ‘n duidelike selfvertroue regdeur van die neus, na die pallet, tot op die nasmaak. En met goeie rede.

1. Klein Constantia Sauvignon Blanc

Dit het suiwer klas gevat vir ‘n Sauvignon om bo uit te kom tussen die sterker Chardonnays van die aand. Hierdie meneer vat jou in eerste-klas al die pad New Zealand toe. 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s